Raymond Dye

In my pastorale dae doen ek een keer huisbesoek. Die mense het ‘n klein dogtertjie gehad wat haarself sitgemaak het langs my terwyl ek ernstig met haar ouers praat. Die feit dat sy as vierjarige so stil gesit het, het my begin bekommer en ek het in haar rigting afgekyk. Sy was besig om na my te staar en maak toe die volgende stelling: ”Oom, oom het baie groot ore.”

Een van die eienskappe van my gesig is dat my ore nog altyd groter was as my mond. Alhoewel my mond baie groot is. Vandaar my liefde vir radiowerk, dink ek - ek ken die krag van om die regte woorde te hoor.  Rippel “sê” die regte woorde en dit is vir my ‘n voorreg om deel te wees van die Rippel 90.5-stem.

My besigheid is mense. Ek laaik mense, mense is fasinerend bo enige ander verskynsel in die kosmos waarin ons leef. Nie een is dieselfde nie, elkeen is uniek op sy eie manier en ons almal soek na een ding in die lewe:” om te hoor ons is ok” Ek glo elke mens het die begeerte om goed te wees en dis my droom om die goeie in elke mens na vore te bring.

Wat ek graag wil bereik in die lewe: Wysheid