| 1. WANNEER: |
14 – 16 November 2008 |
| 2. WAAR: |
Kampterrein
K
waggasrus, anderkant Brits. |
| 3. TYD: |
14 November 2008 18:00
16 November 2008 12:00 |
4. BETALINGS
|
RIPPEL 90.5 FM.
Tjekrekening : 1500-166-416
ABSA BROOKLYN |
Kom leer hoe mans hulle stryd, swakhede, versoekings en beproewinge kan hanteer. Ons bied interessante praatjies aan wat jou gaan help om die lewe weer in die oë te kyk. Ons praat saam, speel saam en geniet sommer net ‘n tydjie saam, weg van die gejaagde lewe van die stad. Bring ook jou pa, jou broer of daardie vriend wat jy dink so ‘n kamp mag nodig hê. |
Weens die groot vraag, het ons plek gemaak vir 150 mans op hierdie pragtige kampterrein, Kwaggasrus, anderkant Brits. Bespreek vinnig om jou plek te verseker. Die kamp begin Vrydagaand, 14 November 2008 om 18:00 en ons ry Sondag, 16 November 2008 12:00 terug huis toe. Koste beloop R390 per persoon (lekker kos, lesings en verblyf ingesluit) vir die naweek. Belangrik: Kom geniet die stilte van die natuur, die kuier om die kampvuur, skitterende besprekings en God se teenwoordigheid! Bespreek vandag! |
Maar nog meer... Wanneer laas het jy foefieslide gery, kleilat gegooi en bokdr.. gespoeg? Wildkyk, stap, rus en geestelike batteryelaai is net wat jy nodig het!!! |
Klik hier om die inskrywingsvorm af te laai:
Verdere navrae en besprekings:
Rippel 90.5 (012) 349 2574. |
|
Inskrywingsvorm op die webblad. www.rippel.co.za |
Betalings : RIPPEL 90.5 FM. Tjekrekening : 1500-166-416 ABSA BROOKLYN |
NB: Faks of epos inbetalingsstrokie én inskrywingsvorm na :
Faks : (012) 349-2578 of rina@rippel.co.za |
Lys van benodigdhede:
- Bybel, notaboek en pen
- Slaapsak, kombers en kussing
- Flitslig
- Stapskoene, swembroek
- Kamera en verkyker (opsioneel)
- Hoed en ou klere vir speel
- Tandeborsel, handdoek, seep, ens
- “Peaceful Sleep” of ander muskietgoed
- Geld: Snoepie is beskikbaar vir aankoop van koeldrank, lekkers, skyfies
- Eetgerei is nie nodig nie
- GEEN ALKOHOL word toegelaat nie!!
|
Roete aanwysing:
- Ry reguit deur Brits, uit op die Thabazimbi-pad. Ry reguit deur Brits. Moet nie die nuwe Thabazimbi pad ry wat regs afdraai in Brits nie!
- Ry oor die treinspoor (ver uit die dorp), asook verby Bloubul padstal (aan die regterkant). Ry verby die BP-Garage (aan linkerkant) en die Veekraal-winkel (aan die linkerkant).
- Verby die Sanddrif Laerskool (aan regterkant). Ry dan tot by die Bloekombome (albei kante). ± 24 km buite Brits .
- Kry eerste bordjie KWAGGASRUS-BORD (aan regterkant) op grondpad. Dit is ‘n slegte grondpad. Moenie dit vat nie!!
- Die tweede afdraai is 29 km uit Brits. (NB! – Nie Meer as 29km nie.)
- Dit is by ‘n petrolgarage met ‘n groot rooi en wit toring aan die regterkant. Draai dan regs in die grondpad in.
- Volg die Kwaggasrus bordjies tot by die hek. Ry deur die hek tot by die Simba/Jagkamp.
- Klim uit met die verwagting van ‘n heerlike naweek wat voorlê!
Klik hier om die roete-aanwysings af te laai.
|
Vir navrae, skakel Rina Browne by Rippel 90.5 by (012) 349-2574, of vir Willem Botha by (012) 662-1468. |