• NUUS: 10 Maart 2010 om 11:00
    PenOrent Nuus: Woensdag 10 Maart 2010.   Die nuus om elfuur:   ***’n Amerikaanse bemarkingspesialis eis twaalf-komma-ses miljoen rand van die Monateng Safari Lodge buite Pretoria nadat hy in 2008 op ‘n nat stoep gegly en geval het. Die 55-jarige Michael Francis Klesh sê in hofstukke hy het ‘n werwelfraktuur opgedoen en sy linkerpolsgewrig is gebreek. Volgens Klesh was daar nie [...]

  • NUUS: 9 Maart 2010 om 08:00
    Die Nuus om Agt ……………………………………………………………………………………. ***  Die wrak van ‘n gemotoriseerde sweeftuig wat Sondag vermis geraak het, is gisternamiddag langs die Breërivier naby Worcester gevind. Die vlieënier, Adrian Hepburn, is in die ongeluk dood, terwyl sy vrou, Adri, met ernstige beserings per helikopter na die Worcester Medi-Clinic geneem is. Volgens die polisie het die sweeftuig Sondag in ‘n beboste [...]

  • NUUS: 5 Maart 2010 om 08:00
    Die Nuus om Agt ……………………………………………………………………………….. ….. ***  Die Sweedse seereddingsdiens sê vier veerbote met meer as ‘n duisend passasiers aan boord sit steeds vas in ys in die Baltiese See. Woordvoerder Peter Lindquist sê almal aan boord is veilig en daar is nog geen planne om die vasgekeerde passasiers van die bote af te verwyder nie. Reddingshelikopters en militêre skeertuie [...]

  • NUUS: 2 Maart 2010 om 11:00
    PenOrent Nuus: Dinsdag 2 Maart 2010.   Die nuus om elfuur:   ***Sewe hoërskoolleerlinge is vanoggend dood en drie ander beseer in ‘n botsing tussen ‘n trein en ‘n bussie in Noordwes. Die ongeluk het by ‘n spooroorgang op Sandfontein naby Rustenburg plaasgevind. Die kinders wat oppad skooltoe was, is dood toe die bussie waarin hulle gery het voor ‘n aankomende [...]

  • NUUS: 1 Maart 2010 om 11:00
    Die Nuus om Elf ……………………………………………………………………………….. ….. ***  Die nuwe voorsitter van die Afrikanerbond, Pieter Vorster - ‘n prokureur van Bloemfontein - sê Afrikaners word tans soos toeskouers en tweedeklas burgers in hulle eie land behandel. Hy het ná sy verkiesing in Johannesburg gesê hoe gouer die regering en die ANC besef dat Afrikaners en ander minderhede integraal deel is van [...]

To view News Archive Please click here