|
Rippel
Karen Grobler wen ‘n motor! Junie 2009
African Outdoor Sports, ‘n adverteerder van Rippel 90.5, het vir ‘n tydperk lank ‘n promosie oor die lug laat adverteer vir SABRE-pepersproei. Benewens verskeie tipes pepersproei-kannetjies wat weggegee is aan luisteraars, het hulle ook ‘n splinternuwe VW Golf in ‘n sms-kompetisie weggegee.
Die wenner van die motortjie is op Donderdag, 11 Junie aangekondig… hartlik geluk aan KAREN GROBLER!
En wat ‘n waardige wenner is sy nie. Haar motor is ‘n ruk terug gesteel en hierdie spik-splinternuwe VW Golf is vir haar ‘n groot wonderwerk.
‘n Groot dankie ook aan die borge, Almero van Eck (African Outdoor Sports) en Leon van Zyl (Hatfield Volkswagen).
Aan Karen… many happy miles!
|
|
“Hy’s net myne!!” Karen Grobler ontvang haar motor. |
Almero van Eck (African Outdoor Sports), Karen Grobler, Leon van Zyl (Hatfield Volkswagen). |
|
|
Hennie Koortzen, Karen Grobler en Almero van Eck in die ateljee. |
|
<< Back |