A Rippel for 90.5FM’s Sports Editor
South African Breweries (SAB) founded the Sports Journalist of the Year in 1980 and since that time the competition has grown to be the most respected award for sports journalists in South Africa.
The prestigious awards ceremony took place on Monday, 29 June 2009 at a gala sports banquet at the Sandton Sun.
A record 450 entries were received this year from the top print, internet, radio and TV broadcasters in the country.
In the Category Radio, Hennie Koortzen, sports editor and general manager of Radio Rippel 90.5 fm was awarded “Programme of the year” for his rugby coverage on Rugby- Radio by Dr Vincent Maphai (Executive Director: Corporate Affairs & Transformation: SAB Limited).
RugbyRadio was the only Afrikaans programme of all the print, radio or TV to win an award.
Rugbyradio is an interactive programme covering all current rugby related issues, from school level to internataional rugby, with commentary from local as well as international rugby experts.
Wynie Strydom, team manager of the Blue Bulls, is an ad hoc presenter on Rugbyradio.
Hennie Koortzen, is not only presents the programme, he compiles and directs the programme too.
RugbyRadio has been on air for the past 6 years and can be heard in the Greater Pretoria, Centurion and surroundings on Thursday evenings on 90.5 fm at 19:00. or nationally and internationally on audio streaming at www.rippel.co.za.
Hennie also works as a freelance TV commentator for Supersport, and was also nominated by Supersport for the SAB Sports Journalist as “Best rugby commentator” for 2009.
Rippel 90.5 FM was the only community radio station that won an award and competed with the commercial and national broadcasters. |
Die Sportjoernalis van die Jaar-toekenning
Die Sportjoernalis van die Jaar-toekenning, het – sedert dit in 1980 deur Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) in die lewe geroep is – met rasse skrede gegroei tot een van die mees gesaghebbende toekennings vir sportverslaggewers in Suid-Afrika.
Die toekenningseremonie het op 29 Junie tydens ‘n glansryke banket by die Sandton Sun plaasgevind.
‘n Rekordgetal van 450 inskrywings is vanjaar ontvang van top joernaliste uit die gedrukte en die internetmedia, asook omroepers en aanbieders op radio en televisie.
In die radiokategorie het Hennie Koortzen, sportredakteur en algemene bestuurder van Rippel 90.5 fm, die Program van die Jaar-toekenning ontvang vir RugbyRadio.
Nie net is Hennie Koortzen die aanbieder van die program nie, maar behartig ook die beplanning, samestelling en regie.
Die toekenning is deur Dr Vincent Maphai (Uitvoerende Direkteur van Korporatiewe Sake en Transformasie: SAB Beperk) aan Hennie Koortzen oorhandig. RugbyRadio is die enigste Afrikaanse program uit al die inskrywings vir gedrukte media, radio of televisie wat ‘n toekenning ontvang het.
RugbyRadio is ‘n interaktiewe een-en-‘n-halfuur-program wat oor rugby, van skool- tot internasionale vlak, verslag doen; met in-diepte kommentaar deur verskeie internasionale en plaaslike rugbykenners.
Wynie Strydom, spanbestuurder van die Blou Bulle, is ook ‘n ad hoc-aanbieder van die program.
RugbyRadio word die afgelope ses jaar van 19:00 tot 20:30 op Donderdagaande in Pretoria, Centurion en omliggende areas uitgesaai. Luisteraars buite die opvangsgebied, luister via die internet op www.rippel.co.za.
Hennie Koortzen is ‘n vryskut-kommentator vir SuperSport, en is ook deur SuperSport vir die SAB Sportjoernalis as “Beste rugbykommentator vir 2009” benoem.
Rippel 90.5 fm is die enigste gemeenskapsradiostasie wat ‘n toekenning verwerf en met nasionale en kommersiële uitsaaiers meegeding het. |